Farmer attacked (with panga) and shot..
Please take note of the two different reports of the same farm attack..
A farmer was in a serious condition in hospital after being shot by robbers who confronted him at his house on Tuesday morning, said Mpumalanga police.
Assistant commissioner Nico O' Kelly said 44-year-old Jaco Oosthuizen had been sleeping at his Wolwefontein farm near Delmas when three men entered his bedroom at around 2am.
Oosthuizen tried to push the three out of the room but was shot once in the chest before his attackers fled.
The motive for the attack was unknown. (Nothing was stolen.)
IOL
**********************************************
Mielieboer geskiet en met panga aangeval
'n Mielieboer is gisteroggend in sy plaashuis in Delmas in Mpumalanga met 'n panga aangeval en in die bors geskiet toe hy teruggeveg het teen sy aanvallers.
Mnr. Jaco Oosterhuis (44) het gister vanuit die N17-hospitaal in Springs gesê hy is omstreeks 01:30 deur drie mans in sy bed aangeval.
Oosterhuis is eers met sy eie panga, wat die mans in 'n stoorkamer gekry het, oor die kop en gesig geslaan. Hy is in die linkerbors geskiet toe hy met sy aanvallers begin stoei het.
"Hulle het niks gesteel nie en weggehardloop . . . Sonder 'n woord," het Oosterhuis gesê.
Hy het vertel dat die koeël sy hart met 'n paar millimeter gemis het en dat hy dankbaar is hy leef. Hy het gepraat kort voordat hy gistermiddag 'n noodoperasie ondergaan het om die koeël te verwyder.
Oosterhuis boer met mielies op die plaas Wolwefontein.
Volgens Oosterhuis se vrou, Jané (40), het die aanvallers die diefwering van 'n spaarkamer-venster oopgesny en deur dié venster in hul huis geklim.
Hulle het wakker geword toe die lig aangaan.
"Ek het gedink dis my seuntjie, maar skielik was daar vreemde mans langs ons bed," het 'n geskokte Jané gesê.
Die Oosterhuise se kinders, Mariné (12) en Jaco jr. (9), het in hul kamers weggekruip totdat die aanvallers gevlug het.
Hulle is ná die voorval na die Laerskool Delmas omdat hulle nie hul 100%-skoolbesoek wou bederf nie.
Mev. Sanet Bugalke, hospitaalwoordvoerder, het gisteraand gesê Oosterhuis is in 'n stabiele toestand in die chirurgiese eenheid.
Beeld
没有评论:
发表评论